#GROOTtrauma

Woensdae-aande tussen 20:00 en 21:00 gesels Venita en Dr. Jaco van Niekerk oor die nuutste Mediese-nuus en nooi kenners om te gesels oor verskeie mediesevelde.
Weekly Afrikaans South Africa News Commentary · Documentary
445 Episodes
380 – 400

#GROOTtrauma 10 Oktober 2018

Skietwond trauma, die behandeling van 'n skietwond en meer. Tim Crofts van Red Rimfire, 'n vuurwapen instrukteur deel van sy kennis. Ons gesels ook vlugtig oor geestesgesondheid en die belangrikheid van die behandeling daarvan. Dr Jaco van Niekerk en Xander Loubser (Best Care) kuier saam Pieter Cloete in die ateljee.
10 Oct 2018 39 min

#GROOTtrauma 03 Okt 2018

Antoinette Joubert, Korporatiewe verhoudings bestuurder van pinkdrive.co.za gesels oor pink drive se bewusmaking rondom borskanker. Dr Hannes Jekel en Dr Jaco van Niekerk deel meer oor borskanker van 'n mediese trauma perspektief.
4 Oct 2018 41 min

#GROOTtrauma 26 Sept 2018

Jeandre Bester, 'n gerehabiliteerde dwelmverslaafde gesels oor sy ondervinding met dagga. Dr Jacques Koning, Xander Loubser (Best Care) en Dr Jaco van Niekerk gesels ook meer oor die mediese voor-of-nadele van dagga.
26 Sep 2018 40 min

#GROOTtrauma 19 September 2018

Pierre Hogewoning kuier in die ateljee en gesels meer oor die nie-winsgewende organisasie, EST (Emergency Support Team) en die werk wat hulle as vrywilligers in en om Pretoria doen. Dr Jacques Koning en Dr Jaco van Niekerk gesels oor Diabetes Mellitus.
19 Sep 2018 41 min

#GROOTtrauma 12 Sept 2018

Dr Adriaan Snyders kuier saam in die ateljee en ons gesels hartsake. September is nasionale hartaanval bewusmakings maand en ons gesels oor die gesondheid van jou hart. Dr Jaco van Niekerk is ook weer in die ateljee saam Pieter Cloete
11 Sep 2018 36 min

#GROOTtrauma 05 Sept 2018

Die paneel gesels oor frakture. Tommy Louw van Pretoria Crime Prevention Forum (op die toep - Zello) gesels oor misdaag die afgelope week. Gaste: Dr Jaco van Niekerk, Xander Loubser (Best Care) en Esmaralda Burger (Netcare).
5 Sep 2018 37 min

#GROOTtrauma 29 Aug 2018

Die week laat ons jou toe om vrae aan ons kenners te vra. In die ateljee is Dr Jacques Koning (Internis), Dr Jaco van Niekerk (Direkteur - Med24 Trauma eenheid), Xander Loubser (Best Care) en Esmaralda Burger (Netcare) in die ateljee.
28 Aug 2018 35 min

#GROOTtrauma 22 Aug 2018

Die program se tema is buik trauma. Hoe lank is jou dermkanaal? Die en ander vrae word beantwoord.
22 Aug 2018 40 min

#GROOTtrauma 15 Augustus 2018

In die week se program gesels ons oor spinale beserings en die trauma wat dit meebring. Gaste: Dr Jaco van Niekerk (Direkteur: Med24 Trauma eenheid) & Xander Loubser (Best Care).
15 Aug 2018 34 min

#GROOTtrauma 08 Aug 2018

Die week gesels Dr Jaco van Niekerk en Xander Loubser oor hoofbeserings en Esmaralda Burger vrae ook so paar kern vrae vir die twee. Tommy Louw van Pretoria Crime Prevention Forum (op die app - Zello) gesels oor die belangrikheid van een noodnommer/diens.
8 Aug 2018 33 min

#GROOTtrauma 01 Augustus 2018

Vanaand gesels ons (en demonstreer) borskas trauma. Gaan loer gerus na die Facebook Live videos op GROOTfm se Facebookblad. Gaste vanaand: Esmaralda Burger, Xander Loubser (Best Care) en Dr Jaco van Niekerk (Direkteur: Med24 Trauma eenheid).
1 Aug 2018 36 min

GNV - 27 Julie 2018 - 18:30

Goeie Nuus Vrydag storie: Jong kinders se toegang tot die Bybel en 'n verhouding met die Here lê vir Shania-Lee Mayoss (12) na aan die hart en daarom het sy besluit om 'n projek van stapel te stuur om meer kinders in dié opsig te help.
27 Jul 2018 4 min

#GROOTtrauma 25 Julie 2018

Irma Schutte (maatskaplikewerker) gesels oor kinder verwaarlosing. Xander Loubser (Best Care) en Dr Jaco van Niekerk gesels meer oor veiligheid mbt swangerskap en bestuur (trauma). Tommy Louw (PCPF - Pretoria Crime Prevention Forum) vertel meer oor die oorlog teen kabeldiefstal en hoe jy kan help.
25 Jul 2018 38 min

#GROOTtrauma 18 Julie 2018

Dr Jaco van Niekerk beantwoord ons Facebookvraag: Afbindtoestelle/toernikette om bloeding te stop red ledemate - Waar of Vals. Xander Loubser en Esmaralda Botha wys hoe om bloeding te stop. Ek gesels ook met Matilda Viviër van Pretoria Crime Prevention Forum (PCPF) oor misdaad tendense in en om Pretoria. Gaan loer…
18 Jul 2018 31 min

#GROOTtrauma 11 Julie 2018

Ons gesels met Prof Corné van Walbeek oor statistieke van 'binge drinking' in Suid-Afrika en Prof Neo Morojele gesels oor hoe om 'binge drinking' in Suid-Afrika aan te spreek. Dr Jaco van Niekerk en Xander Loubser gesels ook oor Dinsdag se vliegtuig ongelukig. Dr van Niekerk deel ook meer van…
11 Jul 2018 37 min

GROOTtrauma 04 Julie 2018

Die week gesels ons oor beroertes, waarna jy moet kyk, wat dit is ens. Xander Loubser van Best Care gee ook raad waarna om te kyk indien iemand 'n moontlike beroerte kry. Dr Jaco van Niekerk deel die week ook meer oor 'triage" van pasiente by 'n ongelukstoneel of ongevalle…
4 Jul 2018 35 min

#MyStorie

Die week gesels ek met "S" (om haar identiteit te beskerm, het ek haar S-genoem). Sy is 'n sekswerk in Pretoria. Sy vertel van haar jonger dae en hoe sy by sekswerk betrokke geraak het. #MyStorie elke laaste Donderdagaand van die maand, 20:30.
28 Jun 2018 13 min

GROOTtrauma 27 Junie 2018

Dié program word opgedra aan Neels Rademeyer, rugby speler van Tuine Sport Klub (Grizzly's) wat onlangs oorlede is aan 'n hartaanval tydens 'n rugby wedstryd. Ons gesels met Erika Coetzee wat 'n hartaanval oorleef het weens suksesvolle KPR, Xander Loubser (Best Care) vertel (en wys) ons hoe om KPR te…
27 Jun 2018 35 min

Colon H2O Onderhoud

Pieter Cloete het met Jeanette Snyman, kolon hidroterapeut van Colon H2O gesels.
27 Jun 2018 4 min

GROOTtrauma 20 Junie 2018

Ons gesels oor veiligheidsgordels en die belangrikheid daarvan. Saam in die ateljee is Dr Jaco van Niekerk (Direkteur: Med24 Montana Trauma eenheid) en Xander Loubser (Besturende Direkteur: Best Care).
20 Jun 2018 26 min
380 – 400