“My doel is om mense te kry om ʼn bietjie stil te raak en toe te laat om dieper te delf. Ek wil hulle die geleentheid gee om deur my musiek te sien wat hier diep binne elkeen aangaan.” Só gesels die sangers en liedjieskrywer Marcia Moon oor haar eie…
Helena Hettema nooi haar aanhangers en musiekfynproewers om saam met haar op reis te gaan deur 27 jaar van musiek met ’n kragtoer van ʼn glansproduksie wat op die planke te sien sal wees by vanjaar se Aardklop Nasionale Kunstefees.
Vir langer as ʼn dekade het hy as Piet Pompies saam met die dinamiese en skreeusnaakse musiekgroep DJ Ossewa opgetree. Nou is dié Pretoriase sanger terug met ʼn splinternuwe soloalbum, getiteld ‘My Harlekyn’, en is hy oorgehaal om die musiekwêreld op sy eie aan te pak.
“Ek het baie ooms en familielede wat glad nie praat oor wat in die oorlog gebeur het nie. Met die voorskoue van die film het dit net vir my duidelik geword dat daar mense is daar buite wat wíl oopmaak oor die oorlog. Dié film is almal se storie.”
Jy kan nou luister na 'n splinternuwe radiovervolgverhaal, Môregloed – 'n verhaal wat swaarbelaai is met temas soos familie-intriges, vasbyt en deernis, 'n stryd om te oorleef, kinderontvoering en pleegsorg, die vernietigende effek van dwelms en die ewige soeke na môre – alles opgedis met 'n goeie skoot humor.
“Dit was uit frustrasie en moedeloosheid wat ek die liedjie geskryf het. Ek is nie ʼn politikus nie en kan niks doen aan ons geval in hierdie stadium nie, so hierdie lied is net my klein bydrae.”
Dr. Danie Brink, die besturende direkteur van die Skoleondersteuningsentrum (SOS), het onlangs in Maroela Media se ateljee met Esté Meyer Jansen gesels oor die nuwe onafhanklike instelling van die Solidariteit Beweging se toekomsplanne. Brink verduidelik waar die organisasie in die groter Suid-Afrikaanse onderwysprentjie inpas en hoe die SOS wil help…
Jennifer Zamudio het in Maroela Media se ateljee kom kuier. Sy het met Esté Meyer Jansen gesels oor haar nuutste album 'Goud is my woorde'. Sy het ook iets oor haar nuutste musiekvideo verklap en kyk 'n bietjie terug oor haar 18 jaar in die plaaslike musiekbedryf.
“Ons ondersoek wat gebeur as mens dan temas soos selfontdekking, selfaanvaarding en vergifnis saamvoeg, want eers wanneer daai drie dinge bymekaarkom, kan ware genesing plaasvind.”
Rusty Labuschagne het in Maroela Media se ateljee kom kuier en sy inspirerende verhaal met Esté Meyer Jansen gedeel van hoe hy sy tyd in van Zimbabwe se berugste tronke oorleef het. Hy vertel ook van die lewenslesse wat hy in die tyd geleer het en hoe hy besef het…
“Ek het besef dit is omdat ek nie altyd baie van myself hou nie. Daarom moes ek myself aanvaar en leer lief wees vir myself en mooi wees met myself en myself vergewe vir dinge.”
Simoné Nortmann, wat die rol van Vivian in die splinternuwe avontuurfliek “Stroomop” vertolk, het met Maroela Media gesels oor die boodskap van dié rolprent.
23 Jul 2018
10 min
1100 – 1120
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.