Maroela Media Maroela-onderhoude

Maroela-onderhoude

Maroela Media gesels met interessante mense in die ateljee.
Occasionally Afrikaans South Africa News · Kids & Family
1,184 Episodes
860 – 880

Wolkskool op radio: Leierskapsontwikkeling op hoërskool

In die jongste aflewering van die Wolkskool-podsending gesels Gerhard Nel, adjunkhoof van Hoërskool Zwartkop in Centurion, oor hoe dié skool leiers identifiseer en watter soort leierskapprogramme hulle vir leerders bied.
29 May 2020 13 min

Wolkskool op radio: Skryf as vaardigheid

Jana Terblanche, die hoof van GeRAT, die Afrikaans-vakvereniging van die Skoleondersteuningsentrum (SOS), sê enige skrywer se vaardighede kan ontwikkel word, maar die beste skrywers is die wat jou laat dink én sien én hoor én voel.
26 May 2020 10 min

Wolkskool op radio: Wat leer wiskunde my eintlik?

Johan Koekemoer, hoof van die Skoleondersteuningsentrum (SOS) se Vereniging vir Afrikaanse Wiskunde-onderwysers (VAW), verduidelik hoekom kreatiwiteit en die sagte vaardighede wat wiskunde jou leer só belangrik is.
25 May 2020 12 min

Wolkskool op radio: Die waarde van rekeningkunde

Fraser Parker, van die Wolkskool se afdeling vir handelsvakke, het verduidelik waar leerders vir die eerste keer eintlik met rekeningkunde begin werk. Hy verduidelik ook waar die vak se kennis prakties toegepas kan word en waarom hy leerders sal aanmoedig om die vak te neem.
20 May 2020 6 min

Christia Visser se liefdeslied aan verloofde

Christia Visser sou verlede maand getrou het, maar soos soveel ander bruide moes haar troue uitgestel word tot ná die afsonderingstydperk. Haar jongste liedjie, “Kaal voor jou”, het sy geskryf om op die paadjie na die kansel af te stap.
20 May 2020 8 min

Sanger voltooi lied tien jaar ná pa se dood

Kirsten Richard het onlangs sy tweede enkelsnit genaamd “Ons is groot” vrygestel wat sy emosies die afgelope tien jaar vasvang vandat sy pa in ʼn motorfietsongeluk oorlede is.
18 May 2020 10 min

Wolkskool op radio: Hoe dink wiskundiges?

Dit is goed om wiskunde te kan doen, maar dit is eintlik veel beter om wiskundig te kan dink. Johan Koekemoer van die VAW verduidelik hoe jy jou kind kan help om meer soos ʼn ware wiskundige te begin dink.
18 May 2020 8 min

Wolkskool op radio: Leierskap is vir almal

Hugo Vermeulen, die hoof van opleiding by die SOS, sê daar is beslis leierseienskappe in elke kind en dit moet net ontwikkel word. Hy gee ʼn definisie en ʼn paar voorbeelde van ʼn goeie leier. Daar word ook wenke gegee oor hoe ʼn mens daardie leierseienskappe in kinders kan ontwikkel.
15 May 2020 12 min

Wolkskool op radio: Kleuterskoolonderwys, wat sê die reg?

Marnelda de Beer, hoof van die Afrikaanse Grondslagfasevereniging (AGV) van die Skoleondersteuningsentrum (SOS), verduidelik ook hoe jy jonger kinders (jonger as gr. R) besig kan hou tydens die inperkingstyd, en vra dat dié kinders spesifiek eerder fisieke aktiwiteite doen as om ʼn werksboekie by ʼn tafel te sit en voltooi.
14 May 2020 10 min

Wolkskool op radio: Hulpbronne vir Afrikaans as vak

Jana Terblanche is hoof van GeRAT, die Afrikaansvakvereniging van die SOS, en sy gaan vanmiddag kinders, ouers en onderwysers op die belangrikheid en beskikbaarheid van Afrikaanse hulpbronne wys. Om dit maklik te maak en in 15 minute oor te dra, gebruik sy die akroniem BRON om hierdie konsep te verduidelik.
13 May 2020 10 min
860 – 880