Thriston Lawrence van Suid-Afrika het die Omega Europese Meesters in Switserland vir die tweede keer in vier jaar gewen. Die 28-jarige het 'n laaste ronde van 66 aangeteken vir 'n oorwinning met twee houe om 'n vyfde DP World Tour-titel te verower. Die verdedigende kampioen Matt Wallace van Engeland, die…
Die ekonoom Jason Kasuto, wat onlangs by Namibië se Nasionale Beplanningskommissie aangestel is, bring sy onafhanklike stem en visie vir inklusiewe groei na die tafel. Kasuto, afkomstig van die Ekonomiese Vereniging van Namibië, sê sy missie is om lewensgehalte te verbeter en 'n meer billike ekonomie vir almal te bou…
Die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party sê sy verkiesing-strategie vir 2026 sal daarop gemik sal wees om die krisis van werkersklas-verteenwoordiging aan te spreek. Die SAKP se Sentrale Komitee het oor die naweek vergader, waar omvattende verslae van die Politieke Buro en die Sekretariaat bespreek is. Die verslae gee 'n diepgaande ontleding…
Die Verkiesingskommissie van Namibië sal van September tot November 'n landswye kieser- en burgerlike inligtingsveldtog hou voor die streeksraad- en plaaslike owerheidsverkiesings. Dit is om te verseker dat alle stemgeregtigdes, insluitend plaaswerkers, toegang het tot die verkiesing. Kosmos 94.1 Nuus het met die kommissie se woordvoerder, De Wet Siluka, gesels.
Die Konfederasie van Afrika-sokker onderhandel oor 'n agtjaar-vennootskap van 17 miljard Suid-Afrikaanse rand met die privaatsektor. Die president van CAF, Patrice Motsepe, het in Nairobi, Kenia, gesê die ooreenkoms is daarop gemik om befondsing vir Afrika-sokker in te bring, met die fokus op jeugkompetisies, akademies en talentontwikkeling vir seuns en…
Greta Thunberg seil weer na Gaza met meer as 70 bote en honderde aktiviste uit 44 lande. Hulle het Sondag van Barcelona vertrek en sal hulpvoorrade by Tunisië optel. Die 22-jarige sê dit is 'n sending om die uiters gewelddadige, sake-soos-gewoonlik internasionale stelsel uit te daag wat nie internasionale reg…
Die Springbok-vroue het in York, Engeland, ʼn 29-24 bonuspunt-oorwinning oor Italië behaal en die eerste keer ooit die Wêreldrugby-beker vir Vroue se kwarteindronde gehaal. Aseza Hele, Nadine Roos, Ayanda Malinga, Sizophila Solontsi en Sinazo Mcatshulwa het Suid-Afrika se vyf drieë gedruk en hulle ʼn tweede oorwinning in Groep D besorg…
Studente by Unam kla sedert 14 Augustus oor swak Wi-Fi-dienste op kampus, veral in die koshuise en hoofbiblioteek. Hulle sê dit ontwrig hul studies en sommige het aanlyn toetse gemis weens die probleem, terwyl hulle vir die dienste betaal. Sommige sê hulle moes desperate planne maak soos om by ander…
Kommentaar oor die onlangse veranderinge aan Reël 108 word nog voortgesit. Die wet sal nou sterker beskerming bied vir huiseienaars wat skuld in die gesig staar. Toni Hancox die direkteur van die Regshulpsentrumhet aan Kosmos 94.1 gesê die nuwe reëls is 'n welkome stap, wat verseker dat howe na persoonlike…
Harde werk, toewyding en geloof is die geheim vir sukses, sê Namibië se internasionale sokkerspeler, Peter Shalulile. Shalulile het die naweek Suid-Afrikaanse sokkergeskiedenis gemaak deur sy 130ste doel aan te teken. Die vorige rekord vir die meeste doelskoppe was 129 en het aan Siyabonga Nomvethe behoort. Shalulile, ‘n doelskieter vir…
Die burgemeester van Kaapstad, Geordin Hill-Lewis, sê die balju's van die hof sal binnekort uitsettingskennisgewings aan honderde buitelandse burgers in Openbare Werke se tentkampe in Wingfield in Maitland oorhandig, en Paint City in Bellville, wat deur die stad besit word. Die Wes-Kaapse Hooggeregshof het toestemming verleen vir die verskuiwings wat…
Oscar Piastri van McLaren het ʼn dramatiese Nederlandse Grand Prix gewen en sy sewende oorwinning van die seisoen behaal. Sy spanmaat, Lando Norris, wat tweede kon klaarmaak, moes agt rondes voor die einde onttrek weens ʼn olielek. Max Verstappen van Red Bull was tweede en die Racing Bulls-renjaer, Isack Hadjar,…
Die Kanadese maatskappy, Oregen Energy, is optimisties oor die vooruitsigte vir die ontdekking van olie in ‘n eksplorasieblok in die Oranje-kom aflandig Namibië. Oregen het ‘n indirekte belang van bykans 34% in Blok 2712A. Volgens die uitvoerende hoof van Oregen, Mason Granger, neem die vraag na olie internasionaal toe en…
Die regering gaan meer as 200 miljoen Namibiese dollar in sport-infrastruktuur landswyd belê, sê eerste minister Elijah Ngurare. Ngurare het Saterdag in ‘n toespraak in die Oshihepo-nederstetting in Ohangwena gesê dié ontwikkelingsprojek gaan reeds in die huidige begrotingsjaar geïmplementeer word. Elke kiesafdeling in die land gaan oor ‘n basiese sportstadion…
Die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party sê hulle beskou die ANC steeds as vennoot, ondanks planne om onafhanklik aan die 2026-plaaslike verkiesing deel te neem. Woordvoerder Mbulelo Mandlana het aan SABC News gesê die alliansie is gewortel in 'n breër politieke program wat verder strek as verkiesings. Mandlana het erken dat die…
Action Society sê die moordsyfer in Suid-Afrika is tans hoër as die sterftes deur wêreldwye terrorisme. Die burgerregtegroep sê verlede jaar is meer as 26 000 mense vermoor, byna vier keer meer as die dodetal weens wêreldwye terreur. Juanita du Preez van Action Society waarsku geweldsmisdaad het in die afgelope…
Die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika het 111 nuwe opwekkingsfasiliteite in die eerste kwartaal van 2025/26 geregistreer om die energiesektor 'n hupstoot te gee. Dit beloop altesaam1 916 megawatt met 'n geraamde belegging van 51,9 miljard rand. Nersa-woordvoerder Charles Hlebela sê die energiereguleerder het 'n gemiddelde ommeswaai van elf werksdae behaal,…
Net agt uit die 12 inskrywings in die Shell V-Power/M+Z nasionale tydrenkampioenskappe op Grootfontein kon die mas opkom. Dié tydren oor 10 trajekte het Saterdag op die noordedorp plaasgevind. Francois Lottering van MotorMedia Namibia het die uitslae:
Die Wes-Kaapse LUR vir mobiliteit, Isaac Sileku, het die Hooggeregshof se dringende interdik teen die Cape Amalgamated Taxi Association en die Cape Organisation for the Democratic Taxi Association verwelkom ná voorvalle in Philippi-Oos, Khayelitsha en Macassar, waarin vyf mense dood en nege beseer is. Sileku sê dit dwing nakoming af…
In motorsportnuus is die Shell V-Power M&Z-tydren in volle swang op Grootfontein. Dit is die vierde been van die nasionale kampioenskappe. Twaalf spanne het ingeskryf, maar een moes reeds onttrek. Francois Lottering van MotorMedia Namibia het meer:
30 Aug 3AM
1 min
320 – 340
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.