Letshego Holdings Namibia het 'n styging van 25 persent in wins na belasting tot 249 miljoen Namibiese dollar vir die ses maande geëindig 30 Junie 2025 aangeteken. Uitvoerende hoof, Ester Kali, sê die groei is gedryf deur hoër rente-inkomste en verhoogde leningsvoorskotte. Netto rente-inkomste het met 40 persent gestyg tot…
Die DA in Limpopo vra dat 'n onafhanklike wildbestuurspesialis dringend die toekoms van die renosters ondersoek wat vanuit Polokwane hervestig is. Die renosters is in 2017 na 'n onbekende reservaat verskuif na 'n stropingsvoorval. Mariëtte Pretorius van die DA sê 'n onafhanklike bestuurspesialis moet 'n koste- en waarde-ontleding doen en…
Namibië het amptelik die Internasionale Arbeidsorganisasie se Konvensie 156 bekragtig, wat daarop gemik is om werkers met gesinsverantwoordelikhede te ondersteun. Die konvensie poog om te verseker dat gesinsverpligtinge nie beide mans en vroue se geleenthede beperk om die arbeidsmag te betree, daarin te bly of daarin te vorder nie. Arbeidsdeskundige…
Duitsland se parlement bly verdeeld oor vergoeding vir die volksmoord van die Ovaherero en Nama in 1904 tot 1908. Die nuwe regering onder leiding van Friedrich Merz voer aan dat internasionale strafreg destyds nie bestaan het nie. Intussen word verwag dat Duitsland op 7 Oktober in die Windhoek-hoërhof sal verskyn…
Die salarisse van hoofde van staatsondernemings bly in die nuus. Talle verdien meer as die president en dit het die minister van stedelike ontwikkeling, James Sankwasa, warm onder die kraag. Ontleder Marius Kudumo voer egter aan dat presidensiële betaling nie dié van uitvoerende hoofde hoef te oorskry nie, aangesien hul…
Die 2025/2026 polisie basiese opleidingskursus is amptelik van stapel gestuur by die Ruben Danger Ashipala-polisie-opleidingsentrum in Ondangwa deur Oshana-polisiebevelvoerder, kommissaris Naftal Sakaria. Hy het NamPol se inspekteur-generaal, luitenant-generaal Joseph Shikongo, verteenwoordig en 1 061 kadetkonstabels verwelkom vir die nege maande lange program.
Gholf: Die laaste drie outomatiese kwalifiseerders vir Amerika se Ryderbeker-span is bevestig. Russell Henley, Harris English en Bryson DeChambeau sluit aan by die BMW-kampioenskap wenner, Scottie Scheffler, VSA Ope wenner JJ Spaun, en Xander Schauffele. Keegan Bradley kondig volgende Woensdag, die ses kapteinskeuses aan wat by die outomatiese kwalifiseerers aansluit…
Die Instituut vir Rasseverhoudinge vra die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke om rasgebaseerde beleid te verwerp. Hy sê as hulle dit nie doen nie, sal dit lei tot die voortsetting van onnodige lyding en armoede. Die instituut het aan die raad geskryf en sê baie mense slaan ag op die raad…
Rugby: Nieu-Seeland is die eerste keer in vier jaar weer boaan die wêreldranglys nadat hy Suid-Afrika vervang het. Dit volg op die All Blacks se oorwinning van 41-24 oor Argentinië in die eerste ronde van die Rugbykampioenskap. Die Springbokke het na derde plek teruggesak na hulle vernederende nederlaag van 38-22…
Die Nasionale Federasie van Mense met Gestremdhede in Namibië het wetgewers versoek om 2 persent van politieke partylyste vir persone met gestremdhede te reserveer. Federasieleier Matheus Hashoongo sê dit sal sterker verteenwoordiging in besluitneming verseker, terwyl hy die Verkiesingskommissie prys vir die verbetering in die toeganklikheid van kiesersopvoeding. Hashoongo het…
Die vakbond Numsa sê die ANC is ʼn kapitalistiese staat wat die eiendom en wins van die oorheersende minderheid beskerm. Die vakbond sê die Marikana-slagting sou nooit plaasgevind het as die ANC-regering verbind was om die land se ekonomie tot voordeel van die werkersklas te hervorm nie. Numsa-woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola,…
Dit raak warmer. Die suidelike dele van die land sal koeler wees met ‘n stelsel wat in beweeg, maar vir die res van die land is dit warmer. Volgens Odillo Kgobetsi van die Windhoek-weerkantoor sal die impak van die frontale stelsel gering wees.
Skole landswyd ondervind tans 'n tekort aan gekwalifiseerde taalonderwysers, veral vir vakke soos Afrikaans. Volgens die ministerie van onderwys het 33 227 van die land se 34 870 onderwysers in 2024 formele onderwysopleiding, wat 1 643 sonder kwalifikasies laat. Onderwysminister Sanet Steenkamp het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.
Die hoof van die Kakurukouje Tradisionele Owerheid het die groenlig gegee vir 42 000 hektaar grond in die Kunene-streek om toegeken te word aan 'n voorgestelde slimstad-ontwikkeling. Die projek, gelei deur Kaoko Fria Investment & Partners, is daarop gemik om infrastruktuur, handel en toerisme te bevorder en werk te skep…
Die geskorste uitvoerende hoof van die Onafhanklike Ontwikkelingstrust, Tebogo Malaka, ontken die Daily Maverick-joernalis, Pieter-Louis Myburgh, se bewerings van omkopery. Sy en die trust se woordvoerder, Phasha Makgolane, is op kamera betrap waar hulle die joernalis omkoopgeld van 60 000 Suid-Afrikaanse rand aanbied om die ondersoek na Malaka te staak…
Besprekings word steeds gevoer oor hoe regeringsamptenare begrotingstoewysings moet bestee, aangesien konsultasies oor die middeltermyn-begrotingshersiening met streekregerings op 25 Augustus afskop. Die Ekonomiese en Maatskaplike Geregtigheidstrust sê die middeltermyn-begrotingshersiening moet fokus op inisiatiewe wat inklusiewe groei, sosiale billikheid en ekonomiese veerkragtigheid bevorder. Die trust se Breschnef Katjito het insigte met…
Die Regshulpsentrum sê die regering moet versigtig wees wanneer hulle nuwe wette opstel. Dit kom nadat die Speaker van die Nasionale Vergadering, Saara Kuugongelwa-Amadhila, 'n beroep gedoen het op vooruitdenkende wetshervormings om opkomende nywerhede, digitale markte en ontwikkelende handelsraamwerke te reguleer, tesame met grondwetlike veranderinge om parlementêre toesig te verbeter…
Gauteng se LUR vir Maatskaplike Ontwikkeling, Faith Mazibuko, sê haar departement en die Departement van Binnelandse Sake sal voortgaan met operasies wat daarop gemik is om kinders wat bedel van die strate in Gauteng te verwyder. Die departementele woordvoerder, Motsamai Motlhaolwa, sê hierdie naweek het die gekoördineerde operasie in Johannesburg-Noord…
Die 2025 Ongwediva Jaarlikse Handelskou, wat van 22 tot 30 Augustus onder die tema ‘Innoveer, verbind, voorspoedig’ plaasvind, beloof om baanbrekende idees ten toon te stel, sakenetwerke te bevorder en ekonomiese groei te dryf. Daar word verwag dat die geleentheid plaaslike en internasionale uitstallers, entrepreneurs en bedryfsleiers sal lok en…
18 Aug 12AM
1 min
620 – 640
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.