Sabine Lehmacher, koördineerder van 'n spesiale Opduik-en-weg-boekefees, het 'n platform in Pretoria geskep waar indie-skrywers hul boeke kan uitstal en met die publiek kan gesels oor hul boeke en sommer ook die onafhanklike uitgeeproses. Die boekefees vind op Saterdag 14 Julie in Lynnwood, Pretoria plaas. Lechmacher en Susan de Klerk…
Prof. Willie Cronje, wat die Alstom-leerstoel vir skoon energiestelseltegnologie aan die Universiteit van die Witwatersrand beklee, sê mense en gemeenskappe hoef nie meer vir die staat te wag om in hul elektrisiteitsbehoeftes te voorsien nie:
Dr. Frans Cronje, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge, het nie enige doekies omgedraai oor die moeilike politieke waters waarin in die plaaslike ekonomie hom tans bevind nie:
In hierdie klankgreep verduidelik Piet le Roux, uitvoerende hoof van AfriSake, hoekom dié sakebelange-organisasie ʼn selfstandige gemeenskap vir klein sakeondernemings en entrepreneurs wil skep:
Sewe jaar lank was hy deel van die platinumbekroonde musiekgroep Romanz wat die wêreld platgetoer en selfs op ʼn koninklike troue in Monaco gesing het. Dié jaar, amper ʼn halfdekade nadat die groep se paaie geskei het, is Burgerd Botha gereed om sy solo-loopbaan met mening aan te pak.
Dr. Danie Brink van Helpende Hand se Skoleondersteuningsentrum (SOS) het met Esté Meyer Jansen van Maroela Media gesels oor dié sentrum se onderwyskongres wat binnekort in Gauteng en die Wes-Kaap sal plaasvind. Talle kenners en onderwysspesialiste, asook bekendes soos dr. Japie van Zyl van Nasa en die ekonoom, Dawie Roodt,…
Lidi de Waal is ’n kunstenares wat op ʼn baie besondere wyse haar skryfwerk en skilderkuns by mekaar laat uitkom. Haar prente, haar skryfwerk, haar menswees raak jou aan en bring emosie na vore. Daarvan kan soveel “Lidi-aanhangers” getuig.
Leandie Lombaard, AfriForum se koördineerder van leierskapsontwikkeling, het met Esté Meyer Jansen van Maroela Media gesels oor die burgerregte-organisasie se teenboeliegids wat onlangs bekendgestel is. Sy verduidelik AfriForum wil onderwysers, ouers en leerders met die gids en die teenboelieveldtog aanmoedig om saam te staan om afknouery in skole hok te…
Anneliese Burgess, die skrywer van die boek 'Heist! South Africa's cash-in-transit epidemic uncovered' het telefonies van Johannesburg met Esté Meyer Jansen oor die vlaag van transito-rooftogte gesels. Burgess verduidelik hoekom misdadigers hierdie rooftogte pleeg, hoekom die misdaad skielik weer so skerp toegeneem het en wat gedoen kan word om dit…
Ooggesondheid is iets wat in die meeste gevalle agterweë gelaat word omdat die simptome van oogsiektes waarskynlik nie so hard vir aandag jil soos ʼn seer keel of ʼn lam arm nie. Selfs ʼn toestand soos droë oë, iets wat die meeste mense as algemeen aanvaar, kan tot permanente skade…
Digitale toestelle vorm vandag ʼn inherente, onlosmaaklike deel van handel, sosiale wisselwerking en ontspanning. Hoewel dié tegnologiese vordering sorg vir vooruitgang, hou baie van dié toestelle ook groot gevare vir jou gesondheid in. Rudine Diedericks, ʼn oogkundige van die landwye oogkundige groep Mellins i-Style, vertel in dié episode in detail…
Digitale toestelle vorm vandag ʼn inherente, onlosmaaklike deel van handel, sosiale wisselwerking en ontspanning. Hoewel dié tegnologiese vordering sorg vir vooruitgang, hou baie van dié toestelle ook groot gevare vir jou gesondheid in. Rudine Diedericks, ʼn oogkundige van die landwye oogkundige groep Mellins i-Style, vertel in dié episode meer oor…
Daar is gans te veel negatiwiteit in die lewe, sê die sangeres Elizma Theron. Daarom het sy doelbewus besluit om haar jongste album ʼn positiewe aanslag te gee – en dié album is boonop vol persoonlike staaltjies uit haar eie lewe.
Tuis is hy die pa van vier woelwaters en ʼn man vir die vrou van sy drome, sê die sanger Jay. Maar op die verhoog is hy die voorman met een doel voor oë: om die gehoor, een en almal, op hul voete te kry en ʼn gróót partytjie te…
“Dit is die kroon op die literêrekritikus-deel van my lewe, die een wat artikels en resensies en rubrieke geskryf het. Dit is vir my wonderlik om alles te kon saamvat in ʼn boek.”
Van ʼn jong Durbanse seun wat in die Hindoegeloof grootgeword en geleer het dat Afrikaans en rugby boos is tot ʼn man wat al talle Afrikaanse boeke geskryf het, ʼn Christen is en rugbyspelers met sy motiveringspraatjies help.
Esté Meyer Jansen gesels met die skrywer Cecilia Steyn oor haar liefdesverhale vir tieners. Cecilia verduidelik dit was leënessindroom wat haar aan die skryf gekry het.
10 May 2018
4 min
1140 – 1160
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.