Maroela Media Maroela-onderhoude

Maroela-onderhoude

Maroela Media gesels met interessante mense in die ateljee.
Occasionally Afrikaans South Africa News · Kids & Family
1,184 Episodes
1160 – 1180

Seminaar plaas brein se leerproses onder die loep

Dr. Lieb Liebenberg, uitvoerende hoof van ITSI vertel meer oor van die mites wat bestaan oor die brein en die leerproses, asook hoe onderwysers en dosente die jongste navorsing oor neurowetenskappe kan gebruik. Hy verduidelik ook hoe hy die toekoms van die klaskamer sien. Esté Meyer Jansen van Maroela Media…
9 May 2018 25 min

2019 algemene verkiesing: Só lyk SA se politieke landskap

Esté Meyer Jansen van Maroela Media het met prof. André Duvenhage van die NWU gesels oor die Suid-Afrikaanse politieke landskap en ʼn vooruitskou gekry van hoe sake staan ongeveer 12 maande voor die land se sesde algemene verkiesing.
9 May 2018 7 min

Só staan sake met Gerrie Nel se private vervolging

Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, het in Maroela Media se ateljee met Esté Meyer Jansen gesels oor die sake waarby adv. Gerrie Nel se private vervolgingseenheid tans betrokke is. Hy het ook meer agtergrond oor Julius Malema se saak gegee en verduidelik hoe dié eenheid se sake vir private…
25 Apr 2018 22 min

Luister: Dié skryfskool ʼn móét vir voornemende skrywers, digters

Al vir langer as drie dekades bied die ATKV-Winterskryfskool – vroeër die Herfsskryfskool – jaarliks ʼn wegspringplek vir voornemende skrywers om die skrywersmark te betree. Vanjaar word dié skryfskool vir die 33ste keer tussen die akkerbome op Potchefstroom aangebied.
20 Apr 2018 16 min

Gauteng-aanlynaansoeke open dan: ‘Afrikaanse ouers moet gou spring’

Die aanlynaansoeke vir 2019 se gr.1 en 8-leerders in skole in Gauteng sal amptelik op Maandag 16 April om 08:00 open. Melanie Buys, ʼn onderwysspesialis by Helpende Hand se Skoleondersteuningsentrum, het met Esté Meyer Jansen gesels oor hoekom ouers wat hulle kinders in 'n Afrikaanse skool wil plaas moet gou…
12 Apr 2018 9 min

Kaalvoethelde

Maroela Media gesels met interessante mense in die ateljee.
12 Apr 2018 6 min

Inkleurprente

Maroela Media gesels met interessante mense in die ateljee.
10 Apr 2018 5 min

Coffee Snobs: ‘Ná die seer wil ons lig bring’

Dit was soos ʼn doodsvonnis wat hy meteen opgelê is. Eers was hy blakend gesond, en toe is sy lewe skielik in gevaar. Die musiek-egpaar Marius en Vernette Wessels – of te wel Coffee Snobs – het twee keuses gehad: Marius se kankerdiagnose kon hulle onderkry óf hulle kon terugbaklei.
29 Mar 2018 16 min

Piet Botha is op die ‘Middernagtrein’

Die liedjie “Die middernagtrein” was reeds klaar geskryf toe Piet in die hospitaal beland het. “Dis ʼn metafoor vir hoe gevaarlik rock ʼn roll is,” lag hy en die ironie ontglip hom duidelik nie.
28 Mar 2018 10 min

Lizandra Winter oor weerloosheid, wintermaande

Vir jare lank het die sangeres Lizandra Winter landwyd saam met Joshua na die Reën getoer en aan haar eie repertoire gewerk. Nou het dié repertoire eindelik gestalte gekry in haar selfgetitelde debuutalbum – en dié album skroom nie om “met weerloosheid en eerlikheid” kwessies te takel waarvoor ander wegskram…
28 Mar 2018 15 min

Wicus en Dolla sáám het nie brieke nie

Nee, hulle is nié in die eg verbind nie, sê Dowwe Wicus en Dolla van der Merwe. Suid-Afrika se gunstelinggrapjas en -blondine het “sommer net mekaar se name gegaps” vir hul eerste samewerkingsproduksie wat ʼn einde maak aan “dwepers, boepens-knolle, moaners en groaners.”
27 Mar 2018 11 min

‘Susters’ gaan jou laat lag én huil

Wanneer drie aangenome susters – vertolk deur Diaan Lawrenson, Quanita Adams en Leah – ná die dood van hul ma op ʼn ontdekkingsreis gaan, word dit duidelik dat dit nie nét bloed is wat mense bind of by mekaar hou nie. Om die waarheid te sê, biologie het inderwaarheid niks…
26 Mar 2018 15 min

Die Kannie Warries Dansorkes: ‘Ons is anders’

Jurg Basson het aan Maroela Media vertel boeremusiekliefhebbers sal dadelik hoor dat hulle “iets anders” met die kitare op dié album gedoen het. “Jy kan onmiddellik hoor dit is die Kannie Warries wat daar speel.”
20 Mar 2018 6 min

Bobby en Karlien ‘gaan hul harte deel’

“Daar is wel goed wat ons bereid is om met mense te deel om hulle ʼn dieper idee te gee van wie ons is, soos byvoorbeeld dat ek en Karlien vir ʼn ruk in ons lewe in ʼn woonwa gebly het.”
14 Mar 2018 5 min

Jack Parow oor ‘liefdesbrief vir Suid-Afrika’

“Ek is trots daarop om Afrikaans te wees en ek is trots daarop dat ek reg oor die wêreld kan gaan en die taal soveel as moontlik bevorder, en dit in die beste lig te stel wat ek moontlik kan,” sê Parow.
16 Feb 2018 14 min
1160 – 1180