“Ek het besluit om ʼn tree terug te gee en weg te beweeg van groot produksies af. Die hele gedagte is om dit eenvoudig aan te bied, soos toe dit net ek, my musiek en my kitaar was, sodat dit kan aansluit by die tema van my album.”
Carien Bloem, koördineerder van onderwys by AfriForum en Elaine Krige, nuusredakteur van Maroela Media, gesels oor die onderwysgebeure in Januarie. Hierdie maand gesels ons oor leerdersterftes en uitdagings rondom die plasing van leerders in skole.
“Daar was al ooms wat my kom uittrap het in die Spar oor Irma Humpel van ‘Vir die voëls’ so kwaai is. Maar ek dink René kry definitief die meeste raas.”
Danie du Toit is bekend daarvoor dat hy met woorde kan toor in talle bekende Spoegwolf-liedjies soos “Lenie Blou”, “Geel” en “Bittermaan”, maar nou stel Danie, oftewel Reënwolf, ook ʼn digbundel genaamd Warmer voor die Tuimeldroër bekend.
“Dis altyd maklik vir mense om te sê jy moet trek, maar wat mense nie besef nie is dat my taal my werk is. As jou taal jou werk is, kan jy nie net trek nie.”
Die Brendan Peyper wat Suid-Afrika tans ken, is ʼn gesonde, goed versorgde en selfversekerde jong man, maar hy vertel dat hy op skool afgeknou en geboelie is, en daarom emosioneel én fisiek sterker moes raak.
Sy ouers het op sesjarige ouderdom ontdek dat hy ʼn sangtalent het toe hy na ʼn Paul Potts-rolprent gekyk het en die Italiaanse woorde van die liedjies in die fliek nagemaak het.
Lara Erasmus, mede-stigter van Reis Afrikaans, het met Christa Steyn van Maroela Media gesels oor haar en Jolene Potgieter se projek. Reis Afrikaans bemagtig jong mense wat in die buiteland woon en werk óf beplan om binnekort so ʼn avontuur aan te pak.
“Dit is ʼn karakter wat ingeskryf is en sy is verteenwoordigend van ʼn soort mens wat nie altyd bewus is van die impak wat hulle woorde teenoor ander mense het nie.”
Jan Gouws, die uitvoerende direkteur van Geopende Deure, het met Esté Meyer Jansen van Maroela Media gesels oor die soort werksaamhede wat die organisasie doen. Hy het ook Geopende Deure se jongste wêreldwaarnemingslys bespreek wat die 50 lande lys waar Christene die ergste vir hul geloof vervolg word.
Hermann Pretorius van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge (SAIRV) sê in sy jongste verslag oor die toekoms van onderwys in Suid-Afrika dat daar dringende vrae gevra moet word oor wat van hierdie kinders word. Pretorius het met Esté Meyer Jansen Maroela Media oor die onderwysverslag gesels.
Annelise de Jager van Charity Support Services, wat opleiding aan welsynsorganisasies verskaf, het met Maroela Media gesels oor wat welsynsorganisasies kan doen betreffende bemarking en finansies sodat hulle die broodnodige dienste in hulle gemeenskap te midde van uitdagings kan lewer.
Izelle Hoffman is ’n bekende leefstylsjef wat gereeld te sien is op die 'Groot Ontbyt'. Sy werk ook vir groot korporatiewe kliënte en is trots daarop dat haar resepte gesond, heerlik en veral maklik is. Hoffman het met Esté Meyer Jansen gesels oor haar resepteboek "Karlien kan nie kook nie"…
“Steve [Hofmeyr] het my een keer gevra op wie ek dié karakter geskoei het, en ek sê toe niemand spesifiek nie. Hy sê toe in dáái geval gaan ek eendag ʼn kwaai ou vrou wees, want as sy van binne my gebore is gaan die mense in my lewe vorentoe…
23 Dec 2019
7 min
920 – 940
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.