Maroela Media Maroela-onderhoude

Maroela-onderhoude

Maroela Media gesels met interessante mense in die ateljee.
Occasionally Afrikaans South Africa News · Kids & Family
1,184 Episodes
940 – 960

Corne Louw: Debuut-album spog met moderne country-aanslag

Corne Louw glo, net soos die Amerikaanse sanger en liedjieskrywer George Jones, in eerlike musiek en dat musikante getrou moet wees aan hulself, omdat aanhangers dit dan meer waardeer. Hy het onlangs in Maroela Media se ateljee kom kuier en met Esté Meyer Jansen oor sy eerste album gesels.
20 Dec 2019 12 min

'Unplanned' vroeg in 2020 in plaaslike teaters

Abby Johnson het telefonies met Maroela Media gesels oor haar lewensverhaal en die rolprent 'Unplanned' wat hieroor gemaak is. Sy praat ook oor die kritiek wat die fliek ontvang het en vrae wat mense oor die aangrypende verhaal het.
12 Dec 2019 17 min

Capital Singers: Duisend stemme sing saam met bekendes

Die spreekwoord lui wel dat daar niks nuuts onder die son is nie, maar in Pretoria skitter ʼn trotse wêreld-eerste op die horison – die Capital Singers se feesprogram in die Sun Arena Time Square getiteld Noël. Michael Barrett en Christo Burger, regisseurs en dirigente van die Capital Singers, het…
26 Nov 2019 13 min

Gerhard van Huyssteen gesels oor taboewoorde, konteks en taalgebruik

“Ek het een oggend in die kombuis gestaan toe die gedagte om navorsing oor vloektaal in Afrikaans te doen, by my opgekom het,” vertel Gerhard van Huyssteen. “Ek het heel eerste my ma gebel en vir haar gevra of sy gemaklik sal wees daarmee voor ek voortgaan.”
25 Nov 2019 15 min

Theo Vorster: ‘SA nou in ’n veel beter posisie’

Suid-Afrikaners moet versigtig wees om nie so vas te val in ’n soort “Zuma-staatskaping-geen-groei-ekonomie” ingesteldheid dat hulle die geleenthede in die land heeltemal miskyk nie. Dit is die mening van Theo Vorster van Galileo Capital. Vorster het met Esté Meyer Jansen van Maroela Media hieroor gesels.
21 Nov 2019 4 min

Dr. Kobus Neethling oor sy onlangse toekenning en kreatiwiteit

“Jy moet met vernuwende oë na die lewe kyk en op jou voete dink wanneer verrassende omstandighede opduik,” sê die kreatiwiteitskenner, dr. Kobus Neethling. Neethling het met Anja van der Merwe van Maroela Media gesels oor sy onlangse toekenning in die wêreld van kreatiwiteit.
18 Nov 2019 15 min

Akademia bied nou ook LLB aan

Akademia het pas bekendgemaak dat die Afrikaanse hoëronderwysinstelling van 2020 die graad BCom (Ekonomie en Regte) aanvul met Baccalaureus Legum (LLB). Liana Venter, registrateur by Akademia, het met Maroela Media oor dié graad gesels.
12 Nov 2019 2 min
940 – 960