Maroela Media ToekomsVenster

ToekomsVenster

"ToekomsVenster" is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie (info@toekomsvenster.co.za) of besoek toekomsvenster.co.za.
Daily Afrikaans South Africa Christianity
1,859 Episodes
1740 – 1760

ToekomsVenster: Lei ons nie in versoeking nie

Uiteraard is die bedoeling nie dat God ons tot die verkeerde dinge verlei nie. Inteendeel. Die bedoeling is dat ek as kind van God die genade sal vind om die verkeerde die rug toe te keer, om nie ʼn tuiste daarvoor in te rig nie.
3 Jul 2018 7AM 4 min

ToekomsVenster: Moenie 'n dag kwaad afsluit nie

Wees gou om mense te vergewe en vry te spreek. Moenie dat die son onder gaan onder jou toorn nie. Moenie ʼn dag kwaad afsluit nie, maan die Skrif. Handel elke dag se skuld af. Betaal die rekeninge. Sorg dat die balansstaat klop.
2 Jul 2018 7AM 4 min

ToekomsVenster: Die hier en nou

Die gebed betrek God by ons hier en nou. Jy mag maar met die grootste vrymoedigheid met Hom praat oor jou behoeftes. Ons ís na alles liggaam siel en Gees.
25 Jun 2018 6AM 4 min

ToekomsVenster: God se ideale wêreld

Uiteraard kom die volmaakte eers aan die einde wanneer Jesus weer op die wolke kom. Tot dan word ons gekonfronteer met gebrokenheid in sy verskillende gestaltes. Ons maak egter nie daarmee vrede nie.
25 Jun 2018 6AM 4 min

ToekomsVenster: Erken Hom

Die gebed is daarom ook ʼn profetiese aankondiging van die heil. Dit roep die aarde op om Hom te erken en te aanbid. Dit plaas alle ander gode in perspektief. Daar is geen God behalwe Hy nie.
25 Jun 2018 6AM 4 min

ToekomsVenster: Here leer ons om te bid

Ek vertrou dat jy al begin aanvoel dat gebed gewone mense se kommunikasie met die lewende God behels. In ʼn atmosfeer van liefde en aanvaarding. Sonder vrees en voorbehoud. Sommer net gesels, uit die hart eerlik en opreg. Voel jy al meer gereed vir gebed?
25 Jun 2018 6AM 4 min

ToekomsVenster: Onthou die visie

Wanneer ons die visie voor oë hou, sal ons ook ons daaglikse take in perspektief kan sien. Dan sal ons die hoop vir vandag kan skep.
11 Jun 2018 6AM 4 min

ToekomsVenster: Wees teenwoordig

Om teenwoordig te wees, is meer as om net daar te wees. Dit is om intensioneel beskikbaar te wees. Om binne die bereikafstand van ander te wees. Dit vra ’n ingesteldheid van hart.
11 Jun 2018 6AM 4 min

ToekomsVenster: Doen minder

Wat sou gebeur indien ons ons perspektief sou verander? Wanneer ons ’n nuwe woordeskat sou aanleer waar die geringste, die minste, die kleinste daad van gehoorsaamheid juis van waarde geskat word?
11 Jun 2018 6AM 4 min

ToekomsVenster: Dink kleiner

As burgers van die koninkryk staan ons voor die versoeking om ons impak vir die koninkryk aan die getalle wat ons na byeenkomste trek te meet.
11 Jun 2018 6AM 4 min

ToekomsVenster: Liefde eerste!

Die eerste beginsel van die koninkryk is liefde. Hierdie liefde is nie ’n emosie nie, maar ’n werkwoord. Dit is die nadoen van Christus se verlossingsdaad.
11 Jun 2018 6AM 4 min

ToekomsVenster: Die Koningskind wat sterf

Vir die Jode was die kruis afstootlik, vir die Grieke was dit onsin (1 Korintiërs 1:23-24), maar vir elkeen wat hul hoop in Christus plaas, is die kruis die krag van God tot redding vir elkeen wat glo. Deur die kruis word die vrede herstel.
11 Jun 2018 6AM 4 min

ToekomsVenster: Die Koning wat voete was

Petrus moes leer dat, om Jesus te dien, beteken dat hy Jesus moes toelaat om hom te dien. Daarna sou hy die gelowiges aanspoor om die wêreld waarbinne hulle as bywoners geleef het, te dien. Lees 1 Petrus 4:7-11 in nadenke op die Woord van God.
11 Jun 2018 6AM 4 min

ToekomsVenster: Die Koning van die verkeerde dorp

Die Koning van die hemel kom woon tussen die mees onverwagse mense op aarde. Ons moenie verbaas wees wanneer ons Hom juis ook tussen die mees onverwagse mense van ons samelewing aantref nie.
11 Jun 2018 6AM 4 min

ToekomsVenster: Die Koning se geboorteplek

Die koninkryk het nie gekom om met mag, eer en glans aan die wêreld geopenbaar te word nie. Die koninkryk is geopenbaar te midde van die morsigste situasies denkbaar. En die eerste getuies daarvan? Sterrekykers en skaapwagters.
11 Jun 2018 6AM 4 min

ToekomsVenster: Die Amen op die gebed

Sluit jou oë en word bewus van die heerlikheid van hierdie groot Koning wat vandag asemnaby aan jou is. Besing die lof van Hom wat op die troon sit soos wat jy Sy heerlikheid aanskou.
4 Jun 2018 6AM 4 min
1740 – 1760