Maroela Media ToekomsVenster

ToekomsVenster

"ToekomsVenster" is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie (info@toekomsvenster.co.za) of besoek toekomsvenster.co.za.
Daily Afrikaans South Africa Christianity
1,859 Episodes
1760 – 1780

ToekomsVenster: Jesus leer ons bid dat die koninkryk sal kom

Iemand het op ’n keer gesê: God se wil is vir my beswil en daarom kan ek met vrymoedigheid juis daarvoor bid. Sy beswil is nie noodwendig waarvan ek op daardie oomblik sal hou nie, maar dit is beslis wat ek op daardie oomblik die nodigste het.
4 Jun 2018 6AM 4 min

ToekomsVenster: Jesus leer ons van ’n Vader

Hierin lê die kosbare ruimte van die gebed: As gelowiges kan ons die heilige plek van God se teenwoordigheid betree, die veiligste plek vir ons volledige menswees, en ons kan onsself ontbloot in denke, emosies, drome en vrese, met dié wete dat Hy wat werklik goed is, Hy wat werklik…
4 Jun 2018 6AM 4 min

ToekomsVenster: Jesus leer ons bid

Jesus leer Sy dissipels om op ’n besondere manier te bid. Die eerste vereiste van hierdie gebed is die plek en gesindheid waarmee dit moet plaasvind.
4 Jun 2018 6AM 4 min

ToekomsVenster: Die koninkryk en die beweging

Die beweging van die koninkryk het ontplof en die destydse wêreld getref met ’n groeikurwe in die eerste 300 jaar na Christus se hemelvaart wat nog nooit weer gesien is nie. Die beweging groei steeds. Is jy deel daarvan?
18 May 2018 6AM 4 min

ToekomsVenster: Beweging na binne

Die burgers van die hemel weet dat hulle meer sondig is as wat hulle ooit sou besef, maar dat hulle meer geliefd is as wat hulle ooit voor sou kon hoop.
18 May 2018 6AM 4 min

ToekomsVenster: Beweging na bo

Jesus se lewe wys vir ons dat daar ’n kroon is na die kruis, dat daar waters van vrede en rus is na die doodskaduwee, dat daar ’n reis na bo is nadat die reis na onder onderneem is. Juis daarom moet ons Hom volg, want die einde is seker…
18 May 2018 6AM 4 min

ToekomsVenster: Beweeg na onder

Geliefde in die Here; daar is vandag baie valse dwaalleer wat ’n valse evangelie van gemak en voorspoed wil voorhou. Dit is nie die evangelie nie! Die evangelie is die boodskap van verlossing wat kom deur ’n kruis en die volgelinge van Jesus sal ook daardie roete stap.
18 May 2018 6AM 4 min

ToekomsVenster: Die wet as bouwerk

Jesus beskryf slegs twee tipes bouers. Die vraag aan elkeen van ons vandag sal wees: Watter een is ek en jy? Bou ons op die vaste fondasie, of bou ons op sand?
18 May 2018 6AM 4 min

ToekomsVenster: Die wet van gebed

Vir wie moet jy dalk vandag bid? Is jy bereid om daarna op te staan en te gaan doen? Vir wie moet jy gaan omgee, al is dit swaar en moeilik?
18 May 2018 6AM 4 min

ToekomsVenster: Die wet van omgee

Omgee is weggee. Dit is meer as net meegevoel; dit is betrokke wees, naby wees en dit is een van die unieke eienskappe van die burgers van die koninkryk, want Jesus se lewe is dié voorbeeld wat hulle volg.
11 May 2018 3AM 4 min

ToekomsVenster: Die wet van kuisheid

Moenie dat jou oog jou laat struikel en jou uiteindelik verlore die ewigheid instuur nie. Jesus se radikale opdrag sê: Pasop waarna jy kyk!
11 May 2018 3AM 4 min

ToekomsVenster: Jy kry nuwe stories om te vertel

Wanneer die Here jou lewensreisplanne verander, is dit nie net ’n reis na Damaskus wat verander nie, maar die totale fokus van jou lewe. Elke dag daarna sal ’n nuwe belewenis oplewer, omdat die Koning van die reis teenwoordig is.
11 May 2018 3AM 4 min
1760 – 1780