Maroela Media ToekomsVenster

ToekomsVenster

"ToekomsVenster" is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie (info@toekomsvenster.co.za) of besoek toekomsvenster.co.za.
Daily Afrikaans South Africa Christianity
1,859 Episodes
1780 – 1800

ToekomsVenster: Jy kry ’n nuwe foto

Nuwe foto’s is ’n herinnering dat ons nuwe mense is. Ons is God se skeppingswerk (Efesiërs 2:10); sy geliefdes (1 Johannes 2:7) en Hy is stil tevrede in Sy liefde oor ons; Hy jubel en Hy juig oor ons (Sefanja 3:17).
30 Apr 2018 2AM 4 min

ToekomsVenster: Die koninkryk is soos suurdeeg

Trek ’n 10 km radius om die gemeenskap waar julle woon. Identifiseer daardie plekke waar die nood die grootste is. Begin deur te bid, waag dit dan om te gaan en deel te word. Skyn die lig. Begin klein.
30 Apr 2018 2AM 3 min

ToekomsVenster: Die koninkryk is soos saad

Indien ’n klein mosterdsaadjie kan groei en ’n geweldige boom kan word, wat sou ’n gehoorsame daad in die koninkryk vandag vir jou gemeenskap beteken?
30 Apr 2018 2AM 3 min

ToekomsVenster: Die Koning wat sy bruid bevry

Om deel van hierdie koninkryk te word, vra dat ek en jy die liefde van hierdie Koning en die prys wat Hy vir ons vryheid betaal het, sal aanvaar, sal glo en daaruit sal leef.
20 Apr 2018 5AM 4 min

ToekomsVenster: God teenoor die Farao

Hoe staan hierdie Tien Gebooie teenoor die wette van die Farao? Wat sou gebeur indien ons die Tien Gebooie nie sien as die “hoogste standaard” van morele lewe nie, maar die “minimum standaard” waarvan die burgers van die koninkryk daagliks leef?
20 Apr 2018 4AM 4 min

ToekomsVenster: Hemelse skaduwee

Daar is nie honger in die hemel nie en gevolglik roep die Here sy kinders om die mense wat nie kos het nie iets te gee om te eet. Dit geld vir alle vorme van nood op aarde.
19 Apr 2018 7AM 4 min

ToekomsVenster: Verdeelde Koninkryk

Die Koning laat Hom nie op sleeptou neem nie en tref nie onderskeid nie. Hy werk hard daaraan om die mense te laat verstaan dat almal vir Hom belangrik is.
19 Apr 2018 7AM 4 min

ToekomsVenster: Koninkryksmense

Dissipels is Koninkryksburgers en andersom. Dis mense wat aangegryp is deur die nuwe lewe begeer om die geheim van die lewe met ander te deel.
18 Apr 2018 7AM 3 min

ToekomsVenster: Koninkryk

Die begrip “koninkryk” is vir die meeste van ons ’n vreemde begrip. Kom ons ontdek hoe anders God se koninkryk is, waarmee dit vergelyk word, hoe ek deel kan word daarvan, wat dit van my sal vra en hoe om dit biddend te benader.
17 Apr 2018 7AM 4 min

ToekomsVenster: God se bedoeling met vrae

Hiermee sluit ons ons reeks rondom die vrae wat God vra af. Ek vertrou dat dit vir jou net soveel beteken het as vir my. Moenie die vrae wat God vra gering skat nie. Dis baie betekenisvol. By watter vraag moes jy stilstaan in hierdie reis saam met mekaar en…
13 Apr 2018 4AM 4 min
1780 – 1800