Maroela Media ToekomsVenster

ToekomsVenster

"ToekomsVenster" is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie (info@toekomsvenster.co.za) of besoek toekomsvenster.co.za.
Daily Afrikaans South Africa Christianity
1,859 Episodes
1800 – 1820

ToekomsVenster: Verandering

Die Here gaan jou nie los nie. As Hy ʼn belofte gegee het, kan jy daarop reken. Jy kan Hom onvoorwaardelik vertrou. Moenie jou eie planne maak nie. Moenie die leuen glo dat God verleë staan voor jou uitdagings nie.
12 Apr 2018 7AM 4 min

ToekomsVenster: Is my Hand te kort?

Hoe dikwels roep die Here nie reeds na jou nie? Waarom vermy jy die stem van die Here en soek jy jou hulp en heil in dit wat nie kan red voorsien en sorg nie?
11 Apr 2018 7AM 3 min

ToekomsVenster: Het hy ʼn reg om kwaad te wees?

Waaroor is jy ontsteld? Vir wie wou jy hê moet God straf en tugtig en toe bewys hy genade en barmhartigheid aan hulle? Moenie soos Jona wees nie. Moenie vergeet dat ook jy ʼn onverdienstelike dienaar van God is nie.
10 Apr 2018 7AM 3 min

ToekomsVenster: Wie sal Ek stuur?

Wanneer ʼn mens met die Lewende Here ontmoet gebeur twee dinge. Jy word bewus van jou eie kortstondigheid, jou sondigheid en noodsaak aan redding. God kan ʼn gebroke hart nie weerstaan nie en tree onmiddellik reinigend en herstellend toe.
9 Apr 2018 7AM 3 min

ToekomsVenster: Wat doen jy hier?

Waar bevind jy jouself? Hoor die woord van die Here. Wat maak jy hier, so wanhopig, desperaat en hoop verydel? Het jy vergeet wie jou sover gebring het?
6 Apr 2018 7AM 3 min

ToekomsVenster: Wat is in jou hand?

Dit mag beskeie en onmagtig voorkom maar in die hande van God as werktuig van gehoorsaamheid en waagmoed gebeur die onmoontlike.
29 Mar 2018 7AM 3 min

ToekomsVenster: Wat is jou naam?

Die Bybel sê dat God ons nuwe name gee. Neem afskeid van die ou naam wat jou lewensloop sonder God beskryf en omarm die nuwe wat God aan jou gee.
28 Mar 2018 7AM 3 min

ToekomsVenster: Waarom is jy kwaad?

Afguns en jaloesie is afgryslik en dodelik. Dit laat 'n mens alle perspektief verloor hoe langer jy dit koester en in jou hart laat woning maak.
23 Mar 2018 2AM 4 min

ToekomsVenster: Waar is jou broer?

Het jy iewers die verantwoordelikheid wat jy instinktief aangevoel het verwaarloos en jou broer iewers langs die pad verloor, selfs wreed weggestoot en vervreem?
22 Mar 2018 1AM 3 min

ToekomsVenster: Wie het vir jou gesê?

Ek wonder of jy ook vandag die stem van die Here hoor. Hoe het jy te wete gekom dat jy kaal is? Het jy van die vrug geëet waarvan ek jou uitdruklik beveel het om dit nie te doen nie?
21 Mar 2018 1AM 3 min

ToekomsVenster: Die kerk en die tiende

Here, baie dankie vir die talle voorbeelde in die Ou Testament van hoe Israel hul materiële besittings gebruik het om U te dien. Help my asseblief om die beginsels wat daarin vasgevang is met liefde en getrouheid ook in my lewe toe te pas.
16 Mar 2018 1AM 4 min
1800 – 1820