Koop jy binnekort vir die eerste keer huis?

Loading player...
Om ʼn huis te koop kan veral vir ʼn eerste-keer-koper ʼn ingewikkelde en intimiderende proses wees. Die proses kan selfs so frustrerend wees dat dit sommer net ʼn reuse-beslommernis word. Francois Janse Van Rensburg gaan oor die volgende vier weke met Esté Meyer Jansen van Maroela Media gesels oor dié proses en sommer ook ʼn paar wenke gee oor hoe om die aankoop van jou eerste huis so maklik as moontlik te doen.
3 Jun 2021 Afrikaans South Africa News · Kids & Family

Other recent episodes

Afrikaner diaspora wil hul identiteit, taal en kultuur vier

MyHartland is ʼn digitale platform wat Afrikaners wêreldwyd help om hul identiteit, taal en kultuur lewendig te hou. Nicolien Welthagen van die SNI vertel meer oor hulle navorsing oor die Afrikaner-diaspora en verduidelik hoe MyHartland ʼn brug bou tussen Afrikaners oor die wêreld heen.
12 Sep 20 min

'Jesus’-kletsbotte wek etiese vrae onder gelowiges

“Ware kennis van KI kan ons help om die konteks en genre van tekste in die Bybel te verstaan, en gee vir ons ʼn goeie idee van waar die teks in die geskiedenis en ook in God se geskiedenis met die mens geplaas word, sodat die Woord aktueel bly.”
12 Sep 11 min