Woord vir Vandag - 9 Aug 2025

Loading player...
“Wie anders tog as julle is… die kroon op ons werk waarop ons trots sal wees wanneer ons met sy wederkoms voor die Here Jesus sal verskyn?” 1 Tessalonisense 2:19 AFR83

Die vyf krone (2)

Die tweede kroon wat in die Skrif genoem word is die kroon van blydskap. Dit word aan diegene wat daarna streef om ander mense na Christus te lei, gegee. Die agtergrond van bogenoemde Skrifgedeelte word in Handelinge 17 beskryf, wat die verhaal van Paulus wat in Tessalonika aankom, vertel. Hy het na die sinagoge toe gegaan en ‘…op drie Sabbatdae na mekaar uit die Skrifte met die Jode geredeneer. Hy het die Skrif verklaar en aangetoon dat die Christus moes ly en uit die dood opstaan. ‘Hierdie Jesus wat ek aan julle verkondig,’ het hy gesê, ‘Hý is die Messias’’ (verse 2-3 NLV). Sommige van sy toehoorders het hulle bekeer, insluitend ‘n groot menigte vroom Grieke en ‘n aantal vooraanstaande vroue. Gevolglik is ‘n kerk daar gestig. Toe Paulus later aan hulle skryf, het hy gesê dat hulle sy kroon sou wees wanneer Christus terugkeer. Ons moet almal Bill Bright se voorbeeld volg; hy was in die twintigste eeu een van die grootste werwers van siele vir Christus. Hy het sy geheim gedeel: ‘Alhoewel ek deur die jare persoonlik Christus met baie duisende mense gedeel het, is ek ‘n taamlik teruggetrokke persoon en vind ek dit nie altyd maklik om te getuig nie. Ek het egter die volgende gedoen en ek moedig jou aan om dieselfde te doen: Aanvaar dat wanneer jy vir meer as ‘n paar oomblikke alleen saam met ‘n ander persoon is, jy daar op goddelike afspraak is om die liefde en vergifnis wat hy [of sy] deur geloof in Jesus Christus kan ken te verduidelik.’ Wanneer laas het jy die evangelie met iemand gedeel? Wanneer jy dit doen, berei God vir jou ‘n kroon van blydskap voor.
7 Aug English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 30 Sep 2025

“ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie.” 2 Korintiërs 4:9 NLV Staan op en hou aan! (1) Navorsers aan die Universiteit van Pennsylvania sê vir ons dat ‘n sleutelteken van sukses nie talent, ‘n titel, rykdom of ‘n goeie voorkoms is nie…
5 Sep 2 min

Word for Today - 30 Sep 2025

“We get knocked down, but we get up again and keep going.” 2 Corinthians 4:9 TLB Get back up and keep going! (1) Researchers at the University of Pennsylvania tell us that a key predictor of success isn’t talent, title, wealth, or good looks. It’s the ability to work hard…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 29 Sep 2025

“Iemand wat… weier om ‘n helpende hand uit te steek – hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon?” 1 Johannes 3:17 NLV Bewys dit! Tim Hansel vertel van ‘n kweekskoolprofessor wat sy homiletiekklas (preekkunsklas) op ‘n ongewone manier aangebied het. Elke student moes ‘n…
5 Sep 2 min

Word for Today - 29 Sep 2025

“If anyone…sees a brother or sister in need but has no pity on them, how can the love of God be in that person?” 1 John 3:17 NIV Show it! Author Tim Hansel tells about a seminary professor who set up his homiletics class in an unusual way. Each student…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 28 Sep 2025

“Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet.” Galasiërs 6:2 NLV Wees daar wanneer jy benodig word Oor die algemeen kan ons gaan waarheen ons wil en doen wat ons wil wanneer ons jonk, gesond en bekwaam is. Soos die gesegde sê: ‘Die wêreld is…
5 Sep 2 min