
Nust se Departement Digitale Kunste en Animasie word werklikheid
Loading player...
Volgende week Woensdag sal die Namibiese Universiteit van Wetenskap en Tegnologie sy splinternuwe Departement Digitale Kunste en Animasie bekendstel, onder die tema “Herbeelding van Storievertelling Deur Digitale Innovasie”. Dit het ten doel om Namibië se kreatiewe en digitale nywerhede 'n hupstoot te gee deur studente toe te rus met baanbrekersvaardighede in animasie, filmvervaardiging en meer. Die universiteit se woordvoerder Cindy van Wyk het meer met Kosmos 94.1 Nuus gedeel.

