Mpati-kommissie: Survé moet oor OBK-finansiering getuig

Loading player...
Esté Meyer Jansen van Maroela Media het met Andries van Driel, ondervoorsitter van die AmaGP, gesels. Dié organisasie bestaan uit pensioentrekkers wat as vrywilligers die regering se pensioenfonds (GEPF) en die openbare beleggingskorporasie (OBK) monitor. Van Driel het talle bekommernisse oor die bestuur van die pensioenfonds ter waarde van R2 biljoen (trillion) gedeel. Die organisasie het ʼn verliesregister sedert 2018 vir die fonds begin byhou. Volgens die berekeninge bedra die bekende, waarskynlike en toekomstige verliese van gelde wat aan bedenklike projekte bestee is reeds R144 miljard in die register.
12 Feb 2019 Afrikaans South Africa News · Kids & Family

Other recent episodes

Afrikaner diaspora wil hul identiteit, taal en kultuur vier

MyHartland is ʼn digitale platform wat Afrikaners wêreldwyd help om hul identiteit, taal en kultuur lewendig te hou. Nicolien Welthagen van die SNI vertel meer oor hulle navorsing oor die Afrikaner-diaspora en verduidelik hoe MyHartland ʼn brug bou tussen Afrikaners oor die wêreld heen.
12 Sep 20 min

'Jesus’-kletsbotte wek etiese vrae onder gelowiges

“Ware kennis van KI kan ons help om die konteks en genre van tekste in die Bybel te verstaan, en gee vir ons ʼn goeie idee van waar die teks in die geskiedenis en ook in God se geskiedenis met die mens geplaas word, sodat die Woord aktueel bly.”
12 Sep 11 min