Peter Hain maak stem dik teen renosterstropery

Loading player...
Op sy dag was lord Peter Hain ʼn kampvegter teen apartheid en ʼn Britse kabinetsminister, en nou veg hy steeds vir geregtigheid in Suid-Afrika. Hy het sy stem intussen gevoeg by dié van talle omgewingsaktiviste wat pleit om die bewaring van Afrika se natuurlewe. Hain het met Maroela Media oor "The Rhino Conspiracy" gesels. Hy verduidelik waarom hy die boek as ʼn spanningsverhaal aangepak het en glo daar is hoop in die stropingskrisis van die natuurlewe in Afrika.
15 Dec 2020 Afrikaans South Africa News · Kids & Family

Other recent episodes

Afrikaner diaspora wil hul identiteit, taal en kultuur vier

MyHartland is ʼn digitale platform wat Afrikaners wêreldwyd help om hul identiteit, taal en kultuur lewendig te hou. Nicolien Welthagen van die SNI vertel meer oor hulle navorsing oor die Afrikaner-diaspora en verduidelik hoe MyHartland ʼn brug bou tussen Afrikaners oor die wêreld heen.
12 Sep 20 min

'Jesus’-kletsbotte wek etiese vrae onder gelowiges

“Ware kennis van KI kan ons help om die konteks en genre van tekste in die Bybel te verstaan, en gee vir ons ʼn goeie idee van waar die teks in die geskiedenis en ook in God se geskiedenis met die mens geplaas word, sodat die Woord aktueel bly.”
12 Sep 11 min